STRATEGIE VAN PLAASAANVALLE: INBRAKE OF TERRORISTE TEREUR?

0

‘n Aanval word nie so vinnig gereel nie! Daar ry nie net vyf agressiewe, bloeddorstige barbare op ‘n pad, sien ‘n naambord en besluit “kom ons val hierdie boer aan” nie!

Dit word deeglik beplan vir weke of selfs maande voor die tyd. Die beplanning sal insluit die uitmeet en uitpak van ‘n “reeks” van “tekens” of “merkers” tot by die swakste plek aan die plaashuis waar ingebreek moet word of waar ‘n lokval gestel kan word. Die datum en tyd word ook beplan volgens inligting wat vanaf die plaas ingewin word, so wel as volgens die gewoontes van die boer en sy gesin.

Sowat twee weke voor die aanval sal van die aanvallers self die plaas besoek om hulle deeglik te vergewis van die omstandighede en om die inligting wat hulle gekry het te bevestig. Hierdie “besoeke” sal onder die vals voorwendsels van “werk soek”, “die pad vra”, “skape koop” of een of ander verskoning wees. Hulle sal ook die “teken reeks” nagaan en kyk of die uitvoering daarvan vir hulle prakties moontlik is? Indien nie, sal hulle verander aan die beplanning om by hulle werkswyse te kan pas.

Daar sal ook moontlik vir die laaste twee weke voor die aanval van die aanvallers agterbly op die plaas om alles van die beplanning te “double check”. Onthou, dit is hulle wat daar moet ingaan en opdragte uitvoer, asook veilig en lewendig daar moet uitkom met hulle buit of “betaling” vir die “werk” wat gedoen is. Alle plaasbewoners se gewoontes soos slaaptye, opstaantye, vertrektye en aankomstye sal weer bevestig word. In hierdie twee weke sal byvoorbeeld die honde ook dopgehou en vergiftig word indien nodig.

Indien die beplande buit nie genoeg is om die “hit squad” te betaal nie, sal fondse aangevul word met byvoorbeeld veediefstal of diefstal van toerusting of ander waardevolle goed wat verkoop kan word. Die “teken reeks” sal ook opgepas en gemonitor word deur die pakker daarvan. Let dus op “onskuldige veediefstalle” of diesel diefstal, batterye of ander goedere wat vinnig verkoop kan word vir kontant. Dit kan binnekort opgevolg word deur die hoofdoel – ‘n plaasaanval.

Sowat agt tot twaalf ure voor die aanval sal die “aan/af skakelaar” bygevoeg word by die “reeks” en fisies opgepas word deur die pakker. Sou daar iets fout gaan, sal die skakelaar afgesit word en die “hit squad” sal verby hou as hulle inkom. Die “hit squad” kom sowat twee tot drie ure voor die aanval in plek en monitor nou self die toneel totdat hulle inbeweeg en toeslaan. Die honde kan ook eers in hierdie tyd vergiftig word, indien dit so beplan is.

As ons almal begin besef plaasaanvalle is “georganiseerde misdaad” en nie net sommer “kom ons gryp gou ‘n boer” nie, sal ons stelsels in plek kan sit wat feitlik 100% van plaasaanvalle suksesvol kan afweer! Ongelukkig is daar te veel “kenners” en te min wat werklik iets weet in Suid Afrika.

Tot tyd en wyl mense begin hoor EN luister sodat dit reggestel kan word, sal boere ongelukkig aanhou bloei.

Deur: Loskop Vallei Beveiliging


6th October 2017 |

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

SAUK.co.za – Powered by Inspan.
Skip to toolbar