Voorkom moontlike brandgevare deur paraat te wees

0

Elke huiseienaar behoort bewus te wees van moontlike brandgevare in hulle huis en stappe te neem om te voorkom dat brande uitbreek.

Hier volg ʼn paar wenke om huisbrande te voorkom:

Berging van ontvlambare vloeistowwe:
Berg ontvlambare vloeistowwe altyd in ʼn koel, goed geventileerde area ver van plofbare en ontvlambare stowwe.
Berg ontvlambare vloeistowwe slegs in gereguleerde of goedgekeurde veilige houers om lekke te voorkom.

Elektriese vuurveiligheid:
Inspekteer gereeld alle muurproppe vir gesmelte of gebrande elemente.
Moet nooit kragpunte en verlengingskoorde oorlaai nie aangesien dit die risiko van elektrokusie en moontlike brand verhoog.
Vervang of herstel enige verweerde koord aan jou elektriese toestelle.

Brandblussers:
Hou ʼn brandblusser in die kombuis, motorhuis en werkswinkel vir die blus van klein brande.
Dit is belangrik om te leer hoe om die brandblusser behoorlik te gebruik.
Gebruik brandblussers slegs vir klein brande. As daar ʼn groot brand is, ontruim na ʼn veilige plek en kontak die brandweer.

Rook-alarms:
Installeer rook-alarms op elke vlak van die huis, veral buitekant slaapkamers.
Maak die rook-alarms gereeld skoon en toets hulle ten minste een keer per maand en vervang die batterye elke jaar.

Verwarmers:
Maak seker jy skakel alle verwarmers af voordat jy gaan slaap of die huis verlaat.
Hou draagbare verwarmers ten minste een meter weg van ontvlambare stowwe soos meubels en gordyne, en maak seker die luggate in die verwarmers is nie geblokkeer nie.

Bron: Discovery


17th November 2017 |

Leave a Reply

SAUK.co.za – Powered by Inspan.
Skip to toolbar