Belangrike inligting hoe om jou huis te benader as daar niemand tuis was nie

0

Daar was vandag twee plaasaanvalle op mense wat van die kerk af terug gekom het. Of jy kerk toe, skool toe of na ‘n braai toe gaan, wees uiters waaksaam en gereed met jou terugkoms! Hier is ‘n paar punte om te onthou. Daar is nog baie ander faktore, maar begin dalk met die basiese?

● As almal uit was en julle die opstal nader, kyk vir iets wat nie daar was toe jy gery het nie – voertuigspore, voetspore, sigaretpakkies, stompies, takkies, gras, urineer plekke, ens.
● Kyk of jou honde jou kom verwelkom en kyk na hulle gedrag – waai hulle hulle sterte? Is hulle bang? Is hulle nie daar nie?
● As jy enige onraad vermoed – maak ‘n U-draai en kry spoed en kry hulp in!!!
● As alles veilig lyk en jy ry erf binne, as jou alarm aan is, bly in voertuig en toets eers met “remote” of alarm dalk ge-”trigger” was voordat jy parkeer en uit voertuig uitklim .. hou jou opsies oop te alle tye.
● As alles veilig lyk en jy nader die huis te voet, hou jou vuurwapen(s) gereed!!!
● Kyk steeds vir “iets verdags” en moedig jou honde aan om te snuffel. Kyk of daar niemand in moontlike skuilplekke is nie.
● Met die oopsluit – as jy ‘n alarm het behoort dit veilig te wees, maar laat in elk geval jou honde eers deur die huis gaan voordat jy ingaan.

Deur:Barry Palmer


9th March 2018 |

Leave a Reply

SAUK.co.za – Powered by Inspan.
Skip to toolbar