Hou só jou huis veilig teen indringers hierdie feestydperk

0

Die grensmure, omheining en hekke rondom ʼn huis bied ʼn versperring teen ongewenste besoekers en inbrake. Hieronder is ʼn paar doeltreffende wenke om jou huis se versperrings na te gaan en in stand te hou.

Ondersoek die omheining

  • Spuit die aluminiumheining elke jaar af en vee dit skoon af met ʼn lap.
  • Laat enige swak of stukkende plekke in die heining herstel, want dit is ʼn sagte teiken vir indringers.
  • Heinings en hekke is ook die ideale habitat vir bye en perdebye om nes te maak. Termiete vernietig houtheinings, maak dit moeilik om heinings te herstel en hou ʼn bedreiging vir ʼn huis in. Kry professionele hulp om alle swerms en neste uit heinings en hekke te verwyder. Wend insekdoder op die grond onder die heining aan om infestering te voorkom.

Ondersoek die mure

  • Soek sagte plekke in die mure. Dit kan die gevolg van waterlekplekke of vogtigheid wees en kan die mure laat bars. Kry professionele advies as dit lyk of daar waterskade in die mure kan wees.
  • Kyk of mure oorhel – dit kan op gevaarlike strukturele gebreke dui. Ontbrekende dagha en stene kan ook ʼn aanduiding van strukturele gebreke wees. Kry professionele hulp om sulke gebreke te herstel.
  • Plakpapier en verf wat afdop, kan die pleister van ʼn muur beskadig. Vervang die plakpapier of verf die muur weer om seker te maak die pleister bly in ʼn goeie toestand.

Ondersoek die hekke

  • Maak seker dat alle sluittoestelle aan die hek behoorlik werk en dat daar nie daarmee gepeuter is nie. Moenie toegang tot hierdie hekke verleen aan enigiemand wat dit nie regtig nodig het nie.
  • Maak seker die skarniere aan die hekke is behoorlik geolie en in goeie werkende toestand.
  • Maak seker daar is geen obstruksies wat voorkom dat die hek oop- of toemaak nie.

Ondersoek elektriese heinings

  • Oppas vir bome of ander plante wat aan die elektriese heining raak. Indringers kan dit gebruik om oor die heining te klim.
  • Ondersoek die heining vir swak of stukkende plekke en vir enige soort toestel aan die heining wat jy nie voorheen daar gesien het nie.
  • Toets die funksionering en aktivering van die alarm elke maand.
  • Maak seker die heining het die korrekte elektriese spanning en werk soos dit hoort. As daar nie ʼn elektriese stroom is nie, is dit maklik om deur die elektriese heining te kom.
  • ʼn Instandhoudingsplan vir ʼn elektriese heining is redelik bekostigbaar en sal verseker dat die heining in goeie werkende toestand is. Professionele persone sal elke jaar sorg vir instandhouding, herstelwerk en toetsing van die heining.

Voldoening van elektriese heinings

  • Enige nuwe, opgegradeerde of herstelde elektriese heining en enige instandhouding en herstel van bestaande elektriese heinings moet voldoen aan die nuwe wetgewing oor elektriese heinings wat op 1 Oktober 2012 in werking getree het.
  • Dit moet gesertifiseer word met ʼn Electric Fence System Certificate of Compliance (EFC). Dit is soortgelyk aan die Electrical Certificate of Compliance (ECOC) wat die veiligheid van elektriese installasies in huise verifieer.
  • Vir alle eiendomme wat na 1 Oktober 2012 oorgedra word en met ʼn elektriese grensveiligheidsheining omhein is, moet ʼn EFC en ’n toetssertifikaat wat hoogstens twee jaar oud is, verskaf word.
  • ʼn EFC moet uitgereik word deur ʼn geakkrediteerde elektrisiën wat by die Departement van Arbeid geregistreer is.
  • Bestaande stelsels, sonder ʼn EFC, moet herinspekteer en opgegradeer word as dit nie aan die vereistes voldoen nie, of anders moet dit verwyder word.

22nd December 2017 |

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

SAUK.co.za – Powered by Inspan.
Skip to toolbar