Vroue-bestuurders – Wees wakker, wees waaksaam, wees voorbereid!

0

In die lig van die toenemende intimidasie op vroue-bestuurders en soortgelyke insidente, net weer die volgende wenke en raad:

*Geen paranoia hier nie, gratis hulp wat jy kan volg of kan los, maar moenie sit en snik as jy dit in die wind gegooi het en dan ‘n slagoffer word nie! Dis n “oorlog” daar buite en jy is slegs so ‘n sagte teiken as wat jy jouself toelaat om te wees!*

1. Moet nie sommer alleen bestuur nie!
2. Moet GEENSINS in die nag alleen bestuur nie!
3. As jy n vuurwapen besit, dra dit 24/7!
4. Hou blikke (‘Holts’ of soortgelyk) “Tyreweld” in die kar vir noodgevalle met pap bande!
5. Beplan jou roete vooraf en bespreek met ‘n vriend/in of familielid wat jou reis kan monitor!
6. Sê watse pad/roete jy gaan gebruik en jou verwagte stop-plekke en ook jou aankomstyd (ETA)!
7. Gebruik *WhatsApp* en *Zello* se ‘Pindrop’ funksies om jou posisie elke 30min weer te gee! Ook indien jy n “breakdown”, pap wiel, padblokkade of enigiets soortgelyk ondervind!
8. Gebruik Zello se Walkie-Talkie funksie om radiokontak met jou moniteerder in reële tyd te behou! Dis heeltemal wettig en van pas in die ryery, geen gestop nodig om WhatsApp boodskappe te tik nie!
9. Skakel in by jou lokale Veiligheidsgroep/e en hou kontak met hulle, of as jy vêr reis, die Veiligheidsgroep/e van die area waardeur jy ry!
10. Moet nie kanse vat nie, moet nié moeilikheid soek nie! As jy nie seker is nie, stop eerder en verifieer eers!
*Tye het verander! Dis chaoties in die strate! Kriminele kraai koning! Anarchiste soek jou bloed en jou beursie! Dink voor jy doen! Wees wakker, wees waaksaam, wees voorbereid!*


3rd November 2017 |

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

SAUK.co.za – Powered by Inspan.
Skip to toolbar